Hierdie borgskap word as Hoërskool Stellenberg se eksklusiewe en elite borgskap beskou. ‘n Kwalifiserende vereistes vir die Wynrooiborg is ‘n herhaaldelike, jaarlikse bydrae van ten minste R70 000 per jaar en ‘n borgtermyn van minstens TWEE jaar wat deur ‘n kontraktuele verbintenis met Hoërskool Stellenberg bekragtig word.
Die totale borgwaarde per jaar, of eenmalige borgskap moet meer as R40 000 beloop. Voorbeelde hiervan sou wees: borgskappe vir die spanne waar kontant of goedere geborg word.
Hierdie borgskap verwys na tipiese bydraes wat eenmalig van aard is en vir ‘n spesifieke doel aangewend word, soos byvoorbeeld die borg van sportsakke vir ‘n toer, waterbottels ensomeer, en sal geld vir ‘n borgwaarde wat meer as R10 000 beloop.
Gestig in 2023 en met die inlywing van hul klubhuis aan die einde van 2024, is Klub 86 ‘n tuiste waar jy jou passie vir Hoërskool Stellenberg se sport-, kultuur- en gemeenskapsondersteuning en ontwikkeling kan uitleef. Dit is ‘n platform waar oud-leerders, ouers en ondersteuners deur hul passie vir die skool aktief kan bydra tot die groei en sukses van ons gemeenskap. Sluit aan by ons netwerk van trotse Stellenbergers en help bou aan ‘n blink toekoms vir ons skool!
Sien hieronder ons aansoekvorm om ‘n lid te word, asook ons brosjure vir meer inligting oor Klub 86.
Copyright © 2023. All rights reserved. PAIA Compliance | Privacy Policy