Symbol
‘n Gevoel van tevredenheid
The school’s motto, badge and song reflect our aims. The school’s motto, Vivat Scientia, freely translated, means: “Let knowledge live”. As such, it
confirms our aim of transferring and acquiring knowledge in such a way that it will promote independent, productive thinking. Ons eenvoudige, dog treffende skoolwapen bevat twee kernmotiewe in silwer teen n agtergrond van varinggroen en pruimrooi. Die sentrale motief, ‘n antieke stoel, simboliseer die verwerwing en oordrag van kennis. ‘n Getande dwarsbalk verteenwoordig die kanteel of borswering van ‘n burg (vesting) en hou historiese verband met die oorspronklike plaasnaam, Stellenburg soos dit in 1705 geregistreer is in die naam van Johan Blessius. Gesamentlik dui die twee simbole op:
- die intellektuele weerbaarheid van diegene wat oor kennis en dinamiese denke beskik;
- die primêre funksie van die skool as ‘n veilige vesting wat intellektuele, geestelike en fisiese ontwikkeling bevorder.
